​‘n Stylvolle ontspanningsoord om van te droom

Johannes van Graan Johannes van Graan
White River Manor, Principia Design Principia Design カントリーデザインの リビング
Loading admin actions …

Deel van die pret van homify 360 ° is om te raai watter soort struktuur ons vandag gaan ontdek. Ja, huise is beslis die meerderheid, maar ons het ook al ander ontwerpe, soos kerke en seiljagte, aanskou!

So, wat is vandag op die spyskaart? 'n Luukse, eksklusiewe en stylvolle ontspanningsoord wat ‘n elegante ontwerp aan kliënte bied. Principia Design in Johannesburg was in beheer om die interieurs en landskapsontwikkeling vir White River Manor in Nelspruit, Mpumalanga, te ontwerp.

Hul begroting? ‘n Lieflike R3 miljoen…

Die buitekant

Om in te pas by die welige natuur van die omgewing geniet die buitekant van die struktuur 'n taamlik rustieke styl – klipmure met 'n sinkdak en vensters met houtrame, 'n ontwerp wat baie aandag geniet in Suid-Afrika.

Die ingang

Aangesien eerste indrukke so belangrik is, het die ontwerpers gekies om die ingangsarea 'n taamlike opvallende ontwerp te gee – en dit werk!

Die houtvloer met sy patroon wat ons na binne lei; die groot spieëls met elegante rame; 'n swart-en-wit, blokkie-patroon vloer wat ons na 'n ander saal lei; die potplante… alles hierso staan briljant uit!

Die sitkamer

Die binnenshuise styl van die sitkamer laat mens dadelik welkom en ontspanne voel.

Die kappe wat die plafon versier verseker dat die boonste deel van hierdie tamaai leefruimte ook ‘n opvallende styl geniet. En die sagte sofas, matte en strooikussings laat die hele ruimte so sag en vriendelik lyk. 

Kom ons kyk hoe lyk die res van hierdie briljante ontwerp…

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事