​5 klein goedkoop strukture wat droomhuise geword het

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa CSP 2, PJV Arquitetura PJV Arquitetura モダンデザインの テラス
Loading admin actions …

Huiskoop/bou hoef nie ‘n duur speletjie te wees nie – dit hang als af van waar jy besluit om te bou, die tipe boumateriale wat jy gebruik, die grootte van jou huis, ens. Maar niemand het gesê dat ‘n goedkoop huis noodwendig sleg hoef te lyk nie!

Op daardie noot, kyk ons na hierdie 5 voorbeelde van moderne huise wat slim en kreatief is in terme van kostes bespaar en stylvol lyk.

Huis 1

homify オリジナルな 家 金属

Ons eerste voorbeeld wys vir ons hoe ‘n eenvoudige ou skeepsvraghouer in ‘n klein maar super kreatiewe huisie omskep is. En die boutemetode is nie die enigste area waar kostes bespaar is nie – hierdie huis maak gebruik van LED beligting (binne en buite), die opgaar van reënwater en nog vele ander planne wat dit een van die mees ekonomiese strukture maak. 

En kyk net bietjie hoe oulik is die binnekant opgemaak…

homifyが手掛けた折衷的な, オリジナル

homifyが手掛けた折衷的な, オリジナル

Huis 2

Ons tweede voorbeeld is dalk groter as die eerste, maar dit werk net so blink uit in terme van kostes bespaar. Die rede? Die bouers en argitekte het nie van die duurste materiale gebruik gemaak nie – selfs die meubels aan die binnekant is van herwinde hout gebou. 

Kyk bietjie hoe netjies kom al die kleure, patrone, teksture, ens. saam om ‘n super stylvolle huisie op te tower!

Huis 3

Volgende op ons lysie is hierdie treffende 65m² skepping van bloekomhout wat beslis een van die beste uitsigte ooit het! Die binnekant is heel eenvoudig maar slim uitgelê om die beste van die omliggende landskap na binne te bring (elke liewe vertrek het vensters wat amper ‘n unieke 360° uitsig verseker).

Huis 4

Volgende op ons lys is ‘n baie meer moderne skepping wat ook effens groter is (152m²) as die voriges. En dis die kreatiewe manier wat verskillende materiale en kleure meng (hout en beton, glas en metaal, ens.) wat die huis soveel meer elegant laat lyk. 

Ons gunsteling stukkie is beslis die kombuis met sy houttafel wat lekker uitkyk oor die sitkamer…

Huis 5

Ons sluit ons lysie af met nog ‘n ontwerp wat super modern is: hierdie huis wat gebruik maak van skerp hoeke en reguit lyne, asook sagte neutrale kleure, om ‘n heel indrukwekkende “look” te skep. 

Om dit meer ekonomies te maak, is sonpanele, insulasie, reënwater opgaring en nog heelwat ander funksies bygesit – perfek vir die 21ste eeu! 

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事