Pak op, pak op… vandag toer ons na Tuscany, Italië waar die oulikste rustieke huisie (geleë in die middel van ‘n woud) op ons wag. Maar voordat jy kla dat rustieke style jou aan ou en verwaarloosde strukture herinner, ontspan: hierdie huisie spog met soveel klas, styl en gemak, binne en buite, dat dit ‘n droomhuis vir enigiemand kan wees.
En aangesien dit propvol shabby-chic styl is, is daar soveel inspirasie hier wat jy kan uittoets vir jou eie huis!
Wat is ‘n huis nou sonder ‘n heerlike uitspan spasie? En ons is seker dat hierdie afdak stoepie perfek is vir menigte kuiers en ontspanningsessies, maak nie saak wat die weer besluit om te doen nie!
Die tweede afdak stoepie, geleë slegs ‘n paar treë van die eerste een wat ons aanskou het, is ietwat groter en word gebruik vir wanneer daardie kuiersessies gepaard gaan met heerlike kos en drinkgoed.
Kan jy jouself (saam met vriende en familie) sien uitstrek hierso terwyl jy smul aan Italiaanse wyn en pasta?
Sien? Selfs al is die binnekant nou rustiek, maak die shabby-chic touches seker dat elke spasie en vertrek gemaklik en super stylvol is. En danksy die sagte kleurskema, dekorstukkies en menigte hout afwerkings geniet die huis se binnekant amper ‘n Mediterreense styl / strandhuis gevoel.
Die hart van hierdie huis is ewe aanloklik, en alhoewel dit nou nie die grootste kombuis ooit is nie, is hier definitief genoeg spasie vir ‘n ordentlike kooksessie – en daar is mos daardie tamaai groot eettafel op die afdak stoepie buitekant vir feesvier!
Kom ons beloer nog so paar foto’s van hierdie aanloklike struktuur…
Nou vir iets meer plaaslik geleë: Ontdek bietjie Die pragtigste huis in die Kaap.