​18 sensasionele klerekaste om van te droom

Johannes van Graan Johannes van Graan
Zeit für Ihren Traumschrank., Elfa Deutschland GmbH Elfa Deutschland GmbH モダンスタイルの寝室 ガラス
Loading admin actions …

Natuurlik verdien enige slaapkamer soveel meer as net ‘n bed – dit gaan ook oor die bykomstighede om jou slaapkamer se styl soveel meer prominent te maak (om nie eers te praat van prakties nie), en daarom kom addisionele elemente soos bedtafeltjies, beligting, meubels, dekor ens. by.

En moet natuurlik nie vergeet van daardie klerekas nie – dit kan net soveel vir jou kamer se styl beteken as die grootse bed met die mooiste beddegoed ooit!

Loer gerus na hierdie 18 voorbeelde van klerekaste vir inspirasie…

1. Spieëldeure wat toeskuif en daardie hope en hope klere verberg? Dis mos nou slim styl!

2. Natuurlik kan gewone swaaideure ook werk mits jy genoeg vloerspasie in jou kamer het.

3. Daardie nis met sy hout-ontwerp is die kersie op die koek wanneer dit by hierdie moderne klerekas kom.

4. ‘n Boekrak wat omskakel in ‘n klerekas – eenvoudig én prakties!

homify クラシックデザインの ドレッシングルーム

5. Moenie van laatjies en kassies vergeet wat toemaak nie.

6. En natuurlik is genoeg hangplek (wat lank genoeg is) net so belangrik.

7. Mens hoef nie bos te gaan met kleure en patrone vir kaste nie – hierdie eenvoudige wit ontwerp is perfek vir pakplek.

8. Hoe sjiek is hierdie kasdeure nie?

9. Kyk net hoe mooi werk hierdie kas saam met die hout wat die res van die kamer opstyl!

10. En gepraat van hout, hierdie ontwerp is net genoeg om bietjie ekstra styl te verseker.

11. Ons is mal oor die idee om mandjies/bakkies te gebruik vir ekstra opgaarplek, soos skoene.

12. Al ooit gedink om muurpapier aan die binnekant te gebruik om jou kas ekstra mooi te maak?

13. Vir dié wat hou van TV kyk in die slaapkamer kan hierdie kas ontwerp heel ideaal wees.

homify モダンデザインの ドレッシングルーム

14. Enige kas wat só slim met hoekies kan werk kry ons stem!

Vestidor, fabrè fabrè ミニマルデザインの ドレッシングルーム

15. Heeltemal te veel skoene vir jou huidige kas? Dalk moet jy só ietsie laat bou?

16. Wat dink jy van sulke oop rakkies wat kan pronk met verskeie handsakke?

17. Hierdie voorbeeld wys vir ons dat selfs ‘n hele houtkas glad nie rustiek hoef te wees nie.

18. ‘n Oop ontwerp soos dié sal net werk as jy jou deel doen om dit skoon en netjies te hou!

Maar ons is nog nie klaar met die slaapkamer nie, want nou beloer ons 15 kreatiewe kopstukke vir jou slaapkamer.

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事