​6 slim maniere om jou huis teen ‘n inbraak te beskerm

Johannes van Graan Johannes van Graan
Elegantly proportioned city house nestled into a Conservation Area, Des Ewing Residential Architects Des Ewing Residential Architects クラシカルな 家
Loading admin actions …

Om jouself en jou familie veilig te hou teen misdaad is noodsaaklik in vandag se tyd, ongeag van waar jy jouself bevind. Dit sluit natuurlik ook jou huis in, waar jy altyd veilig behoort te voel. Maar natuurlik is daar altyd stappe wat jy kan neem om dinge net bietjie moeiliker te maak vir ongenooide gaste wat jou huis wil betree, soos hierdie…

1. Stewige diefwering

‘n Oue, maar ‘n goeie – sterk tralies wat inbrekers buitekant hou. Maak seker dat jy ‘n profesionele maatskappy kontak om jou huis toe te rus met diefwering.

2. ‘n Outomatiese hek

Mens wil nie regtig langs die pad stop en uitklim uit jou kar oppad huis toe nie, selfs al is dit net buitekant jou heining om ‘n hek oop te maak, en dis hoekom outomatiese hekke een van die beste elemente teen misdaad is en bly.

3. Verdubbel jou slotte

homify

‘n Hek of deur met meer as een slot kan jou meer kosbare tyd gee, aangesien dit iemand effens langer gaan vat om in jou huis in te kom.

4. Alarmstelsel

homify

‘n Alarmstelsel wat met jou selfoon gesinkroniseer is is noodsaaklik in vandag se tyd. Onthou om bewegingsensors vir jou erf in jou sekuriteitsopgradering in te sluit.

5. Maak alle vensters toe

Ietsie so eenvoudig soos ‘n toe venster kan die verskil beteken tussen ‘n inbraak en ‘n veilige huis.

6. Staan saam

‘n Buurtwaggroepie of privaat sekuriteitsmaatskappy kan die strate in jou buurt patrolleer om seker te maak dis veilig. 

Hoe meer jy weet, hoe beter; kyk net na hierdie 9 redes hoekom inbrekers jou huis teiken.

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事