​18 idees vir klein TV kamers

Johannes van Graan Johannes van Graan
Wooden Accent , EUGENE MESHCHERUK | architecture & interiors EUGENE MESHCHERUK | architecture & interiors モダンデザインの リビング
Loading admin actions …

Wanneer dit kom by klein spasies, weet ons al te goed hoe om wondere te verrig – en natuurlik deel ons altyd ons advies met jou. En op vandag se spyskaart is klein TV kamers (of sitkamers) wat nog steeds deftige styl geniet, maar ook weet hoe om prakties en gemaklik te wees, aangesien niemand van ons ongemaklik en beknop wil voel wanneer ons ontspan met ons gunsteling fliek of TV reeks tuis nie.

1. Die regte beligting kan enige klein spasie effens groter laat lyk (en voel).

2. Hierdie oopstyl rakke is die perfekte item om die TV te anker en die oopplan ruimte op te breuk.

3. ‘n TV kas kan natuurlik ook help met die storing van dekorstukkies.

4. Gelukkig word TVs wat gemonteer word teen mure beskou as modern.

5. Sorg net dat jy gemaklike spasie tussen jou TV en sofa geniet.

6. Kyk hoe pragtig raam hierdie kunswerke hierdie TV se spasie.

7. Niemand sê jy kan nie iets unieks probeer vir jou TV kas se ontwerp nie!

8. Kyk hoe deftig en prakties is hierdie nis ontwerp vir die TV kamer se uitleg.

9. Glasdeure kan ook perfek werk om oopplan areas (waarvan die TV kamer een is) te skei.

10. Neutrale kleure werk briljant om ‘n klein spasie meer ruim te laat lyk.

11. ‘n Stukkie houtontwerp sal daardie TV meer laat uitstaan sodat die aandag afgelei word van die klein vertrek.

12. Gepraat van aandag aflei, hoe treffend is hierdie klip ontwerp wat daardie TV spasie netjies anker?

13. So paar bont kleure kan natuurlik ook help om jou klein TV kamer op te helder.

14. Hierdie eenvoudige/minimalistiese boekrak verrig wondere in hierdie klein TV hoekie.

15. ‘n Dakvenster tesame met helder kleure? ‘n Wenresep!

16. Hierdie industriële ontwerp is propvol karakter!

17. Kyk hoe werk die eenvoudige elemente saam om ‘n spasie op te tower wat ruim en gemaklik lyk.

18. Onthou om die res van jou TV kamer se uitleg skoon en netjies te hou.

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事