​7 wenke wat skoonmaak maklik maak!

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify
Loading admin actions …

Ons almal wil graag in skoon en netjiese huise bly, wat natuurlik vir ons 2 opsies gee: of ons huur iemand wat ordentlik kan vee, was, afstof en al daardie ander dinge, of ons doen dit self.

So, vir die van ons wat self moet inspring en ons huise silwerskoon moet kry, kom ons kyk na ‘n paar wenke wat tyd en geld gaan spaar met daardie volgende skoonmaak sessie.

1. Gebruik ou kouse vir afstof

homify

Moenie ‘n plaas se prys vir splinternuwe verestoffers betaal nie – ou sokkies of kouse met gate in kan net so goed werk!

2. Ontsmet eers daardie spons

homify

‘n Vuil oppervlak wat met ‘n vuils spons afgevee word gaan nie skoon kom nie! Laat week eers daardie spons in kookwater met bietjie seep, of gooi dit sommer saam in die skottelgoedwasser.

3. Is jou bed skoon genoeg?

homify

Stofmyte is mikroskopiese familie van spinnekoppe wat van die dooie velselle van jou gesin en troeteldiere leef – en hulle kom voor in jou bed! Dus, gebruik maar daardie stofsuier op jou matras en beddegoed ook!

4. Wat van jou teëls?

homify

Om sommer vinnig met ‘n nat lap oor jou teëlmuur en –vloer te vee gaan nie veel verskil maak nie. Gebruik eerder ‘n skropborsel met warm seepwater om in daardie groefies tussen die teëls in te kom om van skimmel ontslae te raak.

5. Maak skoon soos nodig

homify

‘n Berg skottelgoed is genoeg om enigiemand die horries te gee. Was eerder borde, glase ensovoorts soos hulle gebruik word, of druk hulle in die skottelgoedwasser om te keer dat jou kombuis soos ‘n deurmekaar malhuis lyk.

6. Vee af jou kar se binnekant

homify

Hoe gereeld maak jy die binnekant van jou kar skoon? ‘n Klam wasgoedsponsie of lappie is al wat nodig is om so nou en dan daardie stuurwiel, sitplekke ensovoorts by te kom.

7. Is jou lug skoon?

homify

Gebruik jy gereeld jou lugversorger? Vervang dan maar daardie lugfilter op ‘n gereelde basis, aangesien stof en vuilgoed binne in opgaar, wat natuurlik die koue lug wat uitgeblaas word ook affekteer. 

Vir nog so paar wenke wat kan help, loer na hierdie 7 gewoontes om jou huis skoon te hou.

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事