​10 punte wat sal help met die perfekte slaapkamer uitleg

Johannes van Graan Johannes van Graan
Bedroom Interiors, Carne Interiors Carne Interiors クラシカルスタイルの 寝室
Loading admin actions …

Jou dag begin en eindig in die slaapkamer, so hoekom sal jy nou so ‘n belangrike vertrek wil afskeep wanneer dit kom by styl en uitleg? Wie weet, dalk sal ‘n kamer opkikkering jou ook laat beter slaap en, dus, in ‘n beter bui sit?

Kom ons kyk na 10 belangrike dog eenvoudige stappe om jou slaapkamer ‘n gemaklike en stylvolle uitleg te gee.

1. Moenie oorboord gaan met meubels nie; sit net die nodigste in om te verseker jou slaapkamer is nie beknop nie.

2. Moenie nog meubels en dekorstukke bykoop voor jy nie dié wat jy reeds het laat inpas nie.

3. Speel eers met verskillende uitlegte op papier voor jy swaar meubels begin rondskuif.

4. In die meeste gevalle word die bed teen die grootste muur met geen vensters geskuif.

5. ‘n Mat word gewoonlik voor die bed geplaas om die slaapspasie te anker.

6. Dink prakties wanneer dit by vensters kom – soek jy sonlig wat op jou neerstraal of nie?

7. Het jy plek vir ‘n spieëlkas of sal ‘n gewone muurspieël die ding doen?

8. Bedtafeltjies – benodig jy hulle vir dekor of stoorplek?

9. Beddegoed is natuurlik net so belangrik, want selfs die kleinste kussing kan ‘n bed se styl maak of breek.

10. Onthou beligting moet prakties ook wees, veral wanneer jy van plan is om saans in die bed te lê en lees.

Dis dit vir uitleg, maar wat van styl? Lees gerus Die perfekte slaapkamer volgens jou sterreteken.

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事