​Die Pretoria huis wat asems wegslaan

Johannes van Graan Johannes van Graan
Turnkey Interior Project - Silver Lakes, Pretoria, Riverwalk Furniture Riverwalk Furniture モダンデザインの テラス
Loading admin actions …

Vandag op homify 360° loer ons na ‘n asemrowende skepping in Silver Lakes, Pretoria wat ontwerp is deur die kreatiewe mense by Riverwalk Furniture, Gauteng. Hulle fokus op ergonomiese ontwerpe verseker fantastiese resultate wat gemaklik en stylvol is, nés hierdie skepping…

Die voorste ingang

Tekstuur, briljante beligting en baie spasie – die drie hoof elemente wat hierdie huis se voorste ingang so bekoorlik maak.

As jy dit het, dan het jy dit!

‘n Styl om van te droom

Is jy ook mal oor hierdie eklektiese styl? Verskeie ontwerpe, materiale, patrone en teksture kom saam om ‘n indrukwekkende ontwerp in warm aardse kleure te skep wat mens dadelik tuis laat voel. 

En daardie leerbanke is die perfekte kombinasie van klas en gemak.

Oop na buite

Dis duidelik dat hierdie huis gebou is vir ‘n sosiale leefstyl – kyk net hoe lekker maak dit oop na buite, waar ‘n swembad met ‘n unieke driehoek-vorm en ‘n grasgroen grasperk ons groet. 

En die tamaai afdak stoep speel ook die rol van die formele eetkamer wat ‘n lekker uitsig oor die agtererf geniet.

‘n Tikkie kleur

Alhoewel ons mal is oor die aarde kleurskema, is dit tog verfrissend om bietjie helder kleure op te merk in hierdie slaapkamer. Maar sy beste fokuspunt is beslis daardie kopstuk – dís mos nou hoe jy elegante styl in ‘n slaapkamer inbring! 

Kom ons loer na nog so paar foto’s van hierdie huis se spoggerige styl.

As jy hou van hierdie ontwerp, behoort jy ook mal te wees oor Die Johannesburg huis met ‘n elegante leefstyl.

住宅建設や家のリフォームをお考えですか?
ぜひご連絡下さい!

注目の特集記事