Jou slaapkamer, hoe privaat en intiem dit ook al mag wees, verdien om ‘n liplek-lekker styl te hê! Mooi kleure, interessante patrone, en natuurlik meubels en dekor wat jou heel gemaklik en tuis gaan laat voel. En wanneer dit kom by dekor, vergeet baie mense van een baie belangrike stuk wat sommer baie aandag kan trek op die regte manier: ‘n kopstuk.
Dus gaan ons vandag bietjie kyk na 15 pragtige voorbeelde van kopstukke in verskillende style (en kleure en ontwerpe) wat jou lekker gaan inspireer indien jy siek en sat is vir jou kamer se kopstuk (of glad nie een het nie).
Vir nog meer slaapkamer inspirasie, loer gerus na 13 droom idees vir jou slaapkamer.